Omtrent ons

English   Afrikaans


Die ontwikkeling van Scriblr Educator het in 2004 begin met die doel om die oudiovisuele oordrag van kennis in die klaskamer vas te vang. Navorsing en ontwikkeling is met verskeie skole uitgevoer vanaf 2012 tot 2014 om die sagteware op te gradeer en te vervolmaak. Die Skoolbestuurstelsel is in 2014 ontwikkel om toegang tot, en die bestuur van, opgeneemde lesse, aanlyn-assesserings, huiswerk en ekstra klasse te voorsien om ouers, onderwysers en leerders met mekaar te verbind. Die eienaars en bestuur van Scriblr Education besit saam ‘n totaal van meer as 100 jaar se ondervinding in die volgende velde:

  • Opvoedkundige sagteware ontwikkeling
  • Rekenaar en sagteware programmering
  • Projekbestuur
  • Onderrig en leer
  • Opvoedkundige programme en projekte vir die regering
  • Besigheidsbestuur
  • Mentorskap

Ons is trots daarop dat ons die lewens van onderwysers, leerders en ouers verbeter d.m.v. koste-effektiewe tegnologie in die bevordering van opvoedkundige uitnemendheid.